Local newsNews

Alf het tamaties so groot soos pampoene

Tuinier is verbaas oor die grootte en hoeveelheid van sy oes.

‘n Tamatieplant in ‘n tuin in Casseldale het sy pensionaris-tuinier aan die wonder.

Alf Nieuwenhuyzen het ‘n tamatieplant van een van sy vriende in Nigel gekry en die opbrengs daarvan is reuse tamaties.

Sy vriend het dieselfde tamaties, maar dit is ten minste ‘n kwart van die grootte van die “pampoen-grootte” tamaties wat hy aan die plant sien groei.

Die plant dra amper 20 tamaties wat besig is om ryp te word.
Drie hiervan het hy al ge-oes.
Nou wil almal van hierdie saad hê en hy maak reeds van die tamaties droog om om dit te kry.
Alf sê hy het niks spesiaals gedoen om die tamaties so groot te kry nie.
Inteendeel, hy is elke dag meer verbaas oor dié meevalletjie.

Related Articles

Back to top button