Local newsNewsSchools

Só werk skole met ‘tablets’

Die nuwe era van tegnologie het aangebreek en kinders in laerskole is al besig om hierdie uitdaging aan te pak.

Laerskool Selectionpark is een van die skole in Springs wat hierdie jaar gebruik maak van nuwe tablets.

André du Plessis, hoof van Laerskool Selectionpark, skyn meer lig op die saak.

“Die handboek beskik slegs oor die gedrukte inhoud en is dus baie beperk teenoor die E-Handboek wat die wêreld se inligting bevat,” sê hy.

Leerlinge hoef nie meer vir elke vak die swaar handboek daagliks saam te dra nie, want die tablet bevat alles.

“Ons personeel is oor die afgelope twee jaar stelselmatig opgelei en vertroud gemaak met die gebruik van die nuwe tegnologie in die klas.

“Die e-handboeke is interaktief en die personeellid kan enige byvoeging op enige plek in die e-handboek plaas.”

Hy voeg by dat die internet by die skool slegs tot die personeel se beskikking is, om soveel moontlik inligting en inhoud vir aanbieding te hê.

Die skool het die infrastruktuur geïnstalleer om almal gelyktydig in elke klas op die Wi-Fi netwerk te akkommodeer, wat weer gekoppel is aan die handboekstelsel.

Du Plessis beweer dit is ’n baie beter proses as die vorige eeu oue een, veral omdat tegnologie vandag vir kinders hulle totale wêreld is, en hulle dit baie makliker as die ouer mense verstaan, neem en gebruik.

“Die kostes van die e-handboek is ’n derde van die kostes van dieselfde gedrukte handboek.”

Indien ‘n leerling siek is en oor internet by die huis beskik is alles onmiddelik aan hom beskikbaar.

“Indien ‘n leerling nie internet by die huis het nie, sal alles outomaties op sy tablet oplaai die oomblik wat hy by die skool ‘inlog’.”

Alle inligting en data word op drie verskillende plekke bewaar, dus kan niemand inligting verloor nie.

“Die ouer kan ook monitor hoe lank en hoe gereeld sy kind op ’n bladsy in die handboek besig was.

Du Plessis sê daar is nog vele meer voordele wat die proses inhou.

Die leerlinge sal steeds in elke vak ‘n skrif hê waaring hulle daagliks skriftelike oefeninge sal doen.

“Die skool het ’n nuwe e-tegnologie beleid saamgestel wat aan ouers deurgegee is oor verskeie maatreëls en vereistes wat veilige bewaring insluit. Leerders het ’n spesiale sakkie waarin hulle die tablet altyd onder die arm kan saamdra.

“Die verskaffers wat ons gebruik het ’n leen-model indien ’n tablet onklaar sal raak vir die tydperk wat die tablet herstel word.”

Ouers kan kies of hulle versekering op die tablet wil uitneem indien dit gesteel of verloor word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button