Local newsNews

Vrywilligers gee gekookte etes deur Maaltye op Wiele

Saam met die etes gee hulle liefde en geselskap aan die bejaardes wie hulle bedien.

Om kos vir bejaardes te gaan gee is ‘n voorreg sê Daleen Enslin.

Sy berei mobiele etes vanuit die Sewendedag Adventiste se kombuis.

Hulle gee elke Dinsdag en Donderdag gekookte etes aan tussen 160 en 170 bejaardes in Springs en Brakpan.

Hierdie etes gaan na bejaardes wat in hul eie huise woon asook dié in munisipale huise.

Die bejaardes wie hulle bedien eet graag groente sê Daleen.

Daarom kry hulle elke keer twee groentes saam met ‘n protein en stysel, asook nagereg.

Daleen sê hulle droom daarvan om die kos gee hierdie jaar na vier maal per week uit te brei om vir meer mense kos te gee.

Daleen, wie sowat vier maande gelede die leisels oorgeneem het as bestuurder van Maaltye op Wiele, sê hul tema van die jaar is “Have a heart”.

Sy sê as jy tyd en energie aan ander gee groei jy as mens.

Sy sê sy en elkeen van haar ses vrywilligers deel in die lief en leed van die bejaardes wanneer hulle elke week etes by hulle aflaai.

“Ons gesels ‘n rukkie en gee daardie bord kos met hart en siel,” sê sy.

Daleen sê die bejaardes is afgeskeeptes van die gemeenskap.

Hulle kinders is groot en besig met hulle eie lewens.

“Hulle sien uit na ons geselskap en iemand wat net na hulle luister,” sê sy.

Daleen sê daar is baie bejaardes vir wie die lewe net te duur geword het en nie veel van ‘n inkomste het nie.

Marie van Greunen, een van die vrywilligers wat Daleen met hierdie kosgee help, sê hierdie finansiële knyp van die bejaardes in Springs is baie groter as wat mense dink.

Hulle verfblyf en water en ligte word so duur dat hulle nie geld vir behoorlike kos het nie.

Die bejaardes het baie keer nie geld om stukkende yskaste en ander toestelle te vervang nie of hulle het net nie die geld om kos te koop nie.

“Hulle yskaste staan partykeer leeg,” sê sy.

Elke bejaarde wat kos nodig het en elkeen wie ‘n vrywilliger wil wees kan Daleen kontak by 011 811 3666.

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button