NewsSchools

Totsiens maar nie vaarwel

Laerskool Jan van Riebeeck se klok het die laaste keer gelui vir drie persooneellede.

Hulle verlaat die skool na altesaam 106 jaar diens.

Die afskeid van Yvonne Uys, Johan Strydom en Anita Strydom was maar traag aangesien hulle diep spore oor baie jare by Jannies getrap het.

Johan was departementshoof en verlaat Jannies na 37 jaar se onbaatsugtige diens en sy vrou Anita, wat natuurwetenskappe in die intermediêre fase aangebied het tree af na 36 jaar.

Hul aftrede gaan hulle benut deur die land vol te reis.

Yvonne tree af na 34 jaar in die onderwys en het vir Graad Eens skool gehou.

Herman Flemming, hoof van die skool, sê waar mense diens lewer is die
lewe nie sonder sin nie.

“Hulle plekke gaan leeg wees by ons, maar nuwe uitdagings wag op hulle en ons wens hulle alle sterkte toe met hul lewenspad.

Related Articles

Back to top button