Local newsNews

Projek Uitkoms kinders geniet ete

Marsha Horn en die kinders van Projek Uitkoms het Donderdag 'n heerlike middag by Mike's Kitchen geniet.

Terwyl Marsha en haar twee helpers Ansie Holtshauzen en Annetjie Swanepoel ‘n wakende ogie oor hulle hou, kon die kinders nie genoeg kry van die springmat nie.

Hulle het behoorlik baljaar en gekraai van vreugde net om weer in die ry te val vir die volgende rondte op een van die apparate.

Net voor 11vm, het Marsha hulle laat aansit  by tafels waar elke kind ‘n hamburger en tjips met koeldrank gekry het.

Hulle kon darem nog so bietjie speel voor die Hoërskool Hugenote bussies het hulle stiptelik om 1nm, opgelaai het.

Marsha sê dit is die 11de jaar wat sy die kinders van Geduld bederf deur hulle vir ete te neem.

In die verlede was die groep te groot en het sy twee groepe van 75 kinders elk gebring.

Hierdie keer was daar net 60 kinders want sy het besluit om slegs kinders vanaf Graad Een en ouer saam te neem.

Marsha is baie dankbaar vir Annetjie en Ansie se hul met vandag se ete sowel as hul ondersteuning en hulp die afgelope jaar .

Related Articles

Back to top button