Local newsNews

‘n Spesiale tuin in Strubenvale

Met Kersfees om die draai is daar vele Springs inwoners wat hul tuine versier.

Mathilda Kunz gebruik haar talente die afgelope ses jaar om haar tuin op te kikker in Kersvrolikheid.

Sy maak al haar poppe self en die tema is elfies, met die sneeu en Kersvader op sy slee met bokke en al.

Sy sê elke pop word met die hand gemaak en sy stop dit met plastiek om te verhoed dat dit pap word wanneer dit reen.

Hierdie vlytige Strubenvale inwoner se tuin is ‘n sprokieswêreld op sy eie.

Elke jaar op 12 Desember, maak sy en haar man Chris, hul hekke oop vir die publiek om toegang tot hierdie sprokie te kan geniet.

Sy sê daar stroom mense van oud tot jonk in om na hierdie wonderwêreld te kom kyk.

“Die seniorburgers en families kom elke jaar terug en dit is vir ons absoluut fantasties om te sien hoe leef hulle hul in,” sê Mathilda opgwonde.

In die verlede het hulle die slee en bokke met Kersvader op die dak gehad, maar dit is met groot moeite wat hulle dit daar kry.

Dus het hulle onlangs besluit om eerder ‘n plek in die voortuin in te ruim vir die belangrike man en sy slee.

Chris vertel hoe hulle Kersvader maak sit met sy hand wat in ‘n ‘waai posisie’ is.

Met groot vreugde vertel hy die Addie joernalis dat hy self die plek van Kersvader inneem op 24 Desember.

Tydens een van hierdie geleenthede het hy hom met moeite ingehou om nie uit te bars van die lag nie.

‘n Pa en seun loop verby die slee met Chris getooi in sy Kersvader pak in die slee.

Hy sê toe hulle reg langs die slee verby loop, toe sê hy “hô-hô-hô”.

Volgens Chris het die pa so groot geskrik dat hy ‘n paar swetswoorde ge-uiter het.

“Hy het darem later om verskoning kom vra en gesê hulle dink heeltyd dit is ‘n nagemaakte Kersvader.”

Hulle deel ook op ou Kersaand lekkergoed pakkies uit aan al die kinders en seniorburgers wat kom inloer.

Mathilda en Chris het al twee eerste plekke en tweede plekke losgeslaan in Kers-kompetisies.

Alhoewel hulle verlede jaar besluit het om die tuin nie te versier nie, was daar so ‘n groot leemte dat hulle besluit het om dit hierdie jaar weer te doen.

Intussen het haar elfie familie gegroei en die wat deur wind en weer verniel is, is vervang met nuwes.

Die vreugde wat dit vir die Kunz bring is onbeskryflik en bring vir hulle groot vreugde om so hul naaste te kan dien.

Belangstellendes kan vanaf 12 Desember by 12 Madeleyweg, Strubenvale gaan kyk na hierdie Kers-Elfie sprokieswêreld.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button