Local newsNews

René leer Braille alfabet

Onder omstandighede gaan dit goed met Marcel Marshall (14) en sy suster René Marshall (10) van Geduld.

Hierdie twee kinders is blind gebore en het vir ‘n rukkie aan die begin van die jaar, nie skool toe gegaan nie.

Albei is sedert April vanjaar weer by Die Eike Kunste- en Leersentrum in Brakpan toegelaat.

Lottie en Tony Marshall die twee se ouers, het onlangs ‘n brief ontvang van die skool wat lees “Marcel het nie die kognitiewe vermoë om skolasties beduidend te verbeter nie”.

Die brief dui ook aan dat hy eerder tuis onderrig moet word.

Die brief sé ook dat René die geleentheid gegun moet word om onderrig te word.

Sy vorder besonder goed en het veral in geletterdheid goed gevaar.

Die verslag van die skool dui aan dat sy ook goed vaar in lewensvaardigheid, geletterdheid en kommunikasie, getalsgetterdheid en lewensoriëntering.

“Met haar kommunikasie skort daar absoluut niks,” sê Lottie, want sy babbel aanmekaar.

Tydens die onderhoud het sy gedurig vrae aan die Addie joernalis gevra en selfs elke naam van haar familie onthou.

Maar terwyl René uitstekend vaar by die skool, huil Marcel omdat hy nie meer skool toe kan gaan nie.

Lottie het geen idee hoe om die kind tuis te onderrig nie en wonder of daar enige iemand is wat haar kan raad gee oor wat om te doen om haar kind te help.

Terwyl Marcel nog doek dra omdat hy nie volle beheer oor sy liggaam het nie, tree René soos normale enige 10-jarige op.

Sy hou van musiek en speel Amazing Grace op die orrel met haar een hand.

Lottie sê René se vorige onderwyseres is onlangs oorlede en dit het ‘n geweldige impak op die 10-jarige se lewe gehad.

Soms kla sy by haar ouers dat sy nie wil skool toe gaan nie omdat sy die juffrou so baie mis.

Maar, vertel Lottie, sy het intussen maatjies gemaak met ‘n blinde meisie en nou gaan dit weer beter.

Op hierdie stadium leer René die Braille alfabet ken en sy vorder goed.

Ter voorbeeld het sy vinnig die balletjies in ‘n leë ses eierhouer gepak volgens die alfabet en ook die getal genoem.

Terwyl Marcel op sy boude rondskuif en in ‘n wêreld van sy eie leef, gaan die lewe aan vir die Marshall familie.

Tony is medies ongeskik verklaar vir werk en ontvang tans ‘n workmen’s compensation toelaag.

Alhoewel dit maar soms broekskeur gaan, probeer Lottie en Tony om René in die skool te hou en Marcel so gelukkig moontlik te hou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button