Alida ontspan tussen plante

Alida Brits hou sy haar besig met die kweek van plante.

Sy woon al sedert 1992 in Selcourt en is definitief nie iemand wat kan stil sit nie.

Al het sy nooit juis belang gestel in plante nie, geniet sy dit nou terdeë.

Sy het litrose a geskenk gekry by iemand en dit oorgeplant in groter blombakke wat tans in een van haar bome in die tuin hang.

Dit is oortrek met blomme en nadat sy onlangs ‘n foto daarvan op ‘n facebook blad geplaas het, het iemand haar reggehelp met die naam bladrose eerder as litrose, maar sy sê die naam maak nie veel saak nie want die blomme is te pragtig vir woorde.

Nadat haar tuin gevestig geraak het het sy in 2000 ‘n landbou tuinkundige ontmoet wat haar voorgestel het aan die clivia plant.

Sy het geleer hoe om dit te begin kweek.

Alida sê sy het plantjies gekoop en soos die plante groter geword het, het sy geleer om die sade daarvan te oes om meer plante te maak.

Eers wou sy met die kweek van nuwe kleure speel, maar omdat dit te lank neem het sy daarteen besluit.

Sy sê sy het nie bye nodig om haar plante te bestuif nie, sy gebruik sommer haar vingers om dit te doen.

Alhoewel dit ‘n tydsame proses is, spog sy vandag met geel, verskillende kleure oranje en rooi clivias.

“Ek glo dat die rooi eintlik net ‘n baie diep oranje is,” sê sy.

Glo dit of nie, maar sy bad tot haar clivias elke derde maand.

Die proses behels ‘n water sproei en kunsmus gee.

Alida sê sy het nooit gedink sy sal dit doen nie, maar die clivia blom is vreeslik mooi.

Sy het ook heelwat cycads.

Haar eerste cycads het sy by’n blommeskou gekoop as klein plantjies, maar sy sê dit is ‘n stadig groeiende plant.
Van haar cycads waat sy orogeplant het is al oor die sewe jaar oud.

Dan kweek sy ook yuccas wat ‘n swaard vormige blaar het.

Sy sny die nuwe uitloopsels af en herplant dit.

Kort voor lank het haar plante versameling so gegroei dat Hennie Brits, haar man, vir haar ‘n kweekhuis opgesit het en dit met skadunet oorgetrek.

Sy onthou een jaar is baie van haar plante deur die ryp gevang en was van hule blare verlep.

Dit het haar genoodsaak om die skadunet met plastiek oor te trek, wat ‘n groot sukses was, want sy het nog nie weer enige skade gehad nie.

Intussen het Alida ook ‘n pitte-broeikas waar sy haar sade ontkiem.

“Ek koop nie meer plante aan nie want ek oes sade van die moederplante,” sê sy.

Elke plant kry inividuele aandag en elke derde maand herorganiseer sy haar plante.

Sy beveel die kweek van clivias aan vir enige iemand wat lief is vir plante, alhoewel dit harde werk is.

Maar sy sê tydens die blom seisoen is dit genoeg beloning vir jou hande arbeid.

Wanneer haar plante reg is om te verkoop, pak sy dit in die sleepwa wat Hennie vir haar gegee het en verkoop dit sommer langs die pad in Nigelweg.

Haar liefde vir die plante gaan nie oor geld nie, maar eerder om die kleure en kennis te deel met ander.

Exit mobile version