Sport legendes kuier onder een dak

Die Springs Burgersentrum het Woensdagaand uit sy nate gebars met verskeie sport legendes en ander gaste.

Laerskool Jan van Riebeeck se jaarlikse Legende-Aand het afgeskop met ‘n funksie om 4nm waar al die legends kans gehad het om eers alleen saam te kuier en ‘n vingerete te geniet.

Van heinde en ver het daar oud-Springbokke, krieketspelers, atlete en boksers bymekaar gekom om die aand saam te kuier.

Na die heerlike gekuier was dit tyd vir die groepsfoto en dit was vir almal ‘n groot oomblik.

Bekende rugbyspelers soos Mannetjies Roux, Moaner van Heerden, Gerrie Germishuizen, Carel du Plessis, Gysie Pienaar, Chris Rossouw, Adriaan Richter en vele meer het blad geskud en heerlik saam gekuier.

Nog ‘n groot hoogtepunt was toe nog ‘n eregas, Joost van der Westhuizen, om 8nm, opdaag om vir ‘n rukkie saam met die manne te kuier.

Joost van aan Motor Neuron skiete lei, het opgedaag in sy rolstoel en aanhangers het hom gou teogesak om fotos te neem.

Nadat almal heerlik geëet het, is van die memorabilia opgeveil.

Joost het ook drie foto collages geskenk vir die veiling.

Joost van der Westhuizen was ook ‘n eregas en ‘n gedeelte van die opbrengs van die aa d se verrigtinge is ook aan hom gegee.

Herman Flemming, hoof van Jannies, sê die aand se opbrengs gaan ten bate van Joost van der Westhuizen, Graeme Pollock en Gawie Visagie.

Hy is trots dat die aand ‘n reuse sukses was en daar is ‘n goeie inkomste ingewin.

Hy sê die bedrag R84 000 gaan aan oud-Bokke.

Almal het nog tot laat saam gekuier en Adriaan Richter sê van al die funksies wat hy elke jaar bywoon is die Legende-Aand die beste.

“Die aand is vir ‘n goeie doel en daarom word is dit belangrik dat dit goed ondersteun word,” sê hy.

Wynie Strydom, Johan Ackerman en Divan Serfontein geniet die kuier tydens die Legende-Aand.
Exit mobile version