Alida is lief vir plante

Alida Brits woon sedert 1992 in Selcourt en vandat sy twee jaar later opgehou werk het,hou sy haar besig met plante.

Alida Brits staan in haar kweekhuis waar sy clivias kweek en haar cycads lieflik groei.

Sy is definitief nie iemand wat kan stil sit nie en al het sy nooit juis belang gestel in plante nie, geniet sy dit nou terdeë.

Aan een van die bome in haar tuin, hang pragtige litrose met hul pragtige blomme van vele kleure.

Sy sê of die naam nou bladrose of litrose is, weet sy nie, maar sy ken dit as litrose en dit bly mooi.

Nadat haar tuin gevestig geraak het het sy in 2000 ‘n landbou tuinkundige ontmoet wat haar voorgestel het aan die clivia plant.

Sy het geleer hoe om dit te begin kweek.

Alida sê sy het plantjies gekoop en toe dit grootword het sy geleer om die sade van die plante te oes om meer plante te maak.

Eers wou sy met die kweek van nuwe kleuere speel, maar omdat dit te lank neem het sy daarteen besluit.

Sy sê sy het nie bye nodig om haar plante te bestuif nie, sy gebruik sommer haar vingers om die stuifmeel van die een plant na die ander oor te dra.

Alhoewel dit ‘n tydsame proses is, spog sy vandag met geel, verskillende kleure oranje en rooi clivias.

“Ek glo dat die rooi eintlik net ‘n baie diep oranje is,” sê sy.

Glo dit of nie, maar sy bad haar clivias elke derde maand.
Die proses behels ‘n water sproei en kunsmus gee.

Alida sê sy het nooit gedink sys al dit doen nie, maar die clivia blom is vreeslik mooi.

Sy het ook heelwat cycads.

Haar eerste cycads het sy by’n blommeskou gekoop as klein plantjies, maar sy sê dit is ‘n stadig groeiende plant.
Van haar cycads is oor die sewe jaar oud.

Dan kweek sy ook yuccas.

Sy sny die nuwe gevestigde plante af en herplant dit.
Kort voor lank het haar plante versameling so gegroei dat Hennie vir haar ‘n kweekhuis opgesit het en dit met skadunet oorgetrek.

Sy onthou een jaar is baie van haar plante deur die ryp gevang en was van hule blare verlep.

Dit het haar genoodsaak om die skadunet met plastiek oor te trek, wat ‘n groot sukses was, want sy het nog nie weer enige skade gehad nie.

Intussen het Alida ook ‘n pitte-broeikas waar sy haar sade ontkiem.

“Ek koop nie meer plante aan nie want ek oes sade van die moederplante,” sê sy.

Elke plant kry inividuele aandag en elke derde maand herorganiseer sy haar plante.

Sy beveel die kweek van clivias aan vir enige iemand wat lief is vir plante, alhoewel dit harde werk is.

Maar sy sê tydens die blom seisoen is dit genoeg beloning vir jou hande arbeid.

Wanneer haar plante reg is om te verkoop, pak sy dit in die sleepwa wat haar man Hennie Brits vir haar gegee het en verkoop dit sommer langs die pad in Nigelweg.

Exit mobile version