Local newsNews

NG Kerk Springs-Noord vier Vrouedag

Vrouemaand-vieringe is oral op almal se agenda vir Augustus, maar dit was onlangs behoorlik gevier by die NG Gemeente Springs-Noord.

Met Maritha de Beer aan die stuur van sake kon niks verkeerd loop nie en ‘n stampvol saal het die gasspreker Liesel Krause-Wiid begroet.

Lisel is bekend as motiveringspreker regoor die land.

Voor die verrigtinge in volle swang was is almal wat hul deel bygedra het om die funksie ‘n sukses te maak, vereer met ‘n bos blomme of ruiker.

Annemarie Steenkamp, lokale predikant Lucas Steenkamp, se pragtige sopraan stem het die vroue bekoor.

Lisel het veral gepraat oor goue vriende en wat hulle vir ons werd is.

“Ons kan mekaar meer dra in moeilike tye,” sê sy.

Volgens Maritha die funksie was ‘n groot sukses en sy is dankbaar teenoor die Here en ook elkeen wat ‘n deel bygedra het om die dag moontlik te maak.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button