Motorofietsryers gee skenking aan skool

Die goedhartige motorfietsklub, Wheels in the Sky, het fondse ingesamel tydens hul jaarlikse Day Jol en kon sodoende 'n groot skenking aan Dr WK du Plessis Skool maak.

Tydens die onlangse oorhandiging, het die motorfietsklub die kinders vermaak met die gebrul van enjins.

Maricelle Malan, die skool se arbeidsterapeut, sê hierdie skenking gaan baie gate en harte vul vir die res van die jaar.

‘n Klein gedeelte van die fondse gaan gebruik word vir die bemarking van die skool se musiekfees wat op 25 September gaan plaasvind.

Sy sê die oorblywende fondse gaan vir ‘n kersfunksie gebruik word, waar elke kind ‘n geskenkpakkie sal ontvang en waar behoeftige families kruideniersware gaan ontvang om ‘n ontspanne en sorgvrye Kerstyd te ervaar.

“Ons waardeer dié skenking opreg en dit gaan verseker die kinders en hul families se harte baie bly maak,” sê sy.

Exit mobile version