NewsSchools

PAMqKI fees, pret vir almal

Die fees vind plaas op dié laerskool se sportgronde vanaf 9vm tot 5nm. Pammies leerlinge en personeel gaan poog om almal se aandag heeldag vas te vang met die bokstoernooi, karate, Zumba, stoei en vele ander aktiwiteite. Toegangsfooie is R60 vir volwassenes en R20 vir kinders. Pieter Koen, Nadine, Gerrie Pretorius, Jodan, Shoneill en McYoung …

Die fees vind plaas op dié laerskool se sportgronde vanaf 9vm tot 5nm.

Pammies leerlinge en personeel gaan poog om almal se aandag heeldag vas te vang met die bokstoernooi, karate, Zumba, stoei en vele ander aktiwiteite.

Toegangsfooie is R60 vir volwassenes en R20 vir kinders.

Pieter Koen, Nadine, Gerrie Pretorius, Jodan, Shoneill en McYoung is die kunstenaars wat gaan optree.

Lisa Vorster, organiseerder, sê kos kan gekoop word teen weggee pryse.

‘n Biertuin sal dié wat dors raak se dors les.

Daar sal vele stalletjies wees waar almal kan ronddwaal en ondersteun.

Om ‘n stalletjie te bepsreek, kontak Lisa by 011 811 1880/1 gedurende skoolure.

Geen kosstalletjies is beskikbaar nie.

Laaste maar nie die minste nie, is daar ook ‘n vertoning vir die kleingoed deur Ollie die Nar.

“Kom ry op die mallemeule en skreeu jou longe uit in die spookkhuis,” sê sy.

Vir meer inligting, kontak Lisa.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button