Local newsNews

Eerste Nasionale Huweliksweek in SA

Neem deel aan Nasionale Huweliksweek.

Nasionale Huweliksweek, ’n inisiatief wat vanjaar vir die eerste keer sal geskied vanaf 1-7 September, dien as ’n bewusmakingsveldtog en projek wat paartjies sal inspireer om weer op die welstand van hul huwelike te fokus.

Daar word beweer dat ’n gemiddeld van tussen 50% en 66% van alle SA huwelike in die skeihof eindig. Statistieke soos dié is kommerwekkend. In 2011 is 20 980 egskeidings toegestaan en altesaam 18 571 kinders vorm nou as gevolg van dié jaar se egskeidings deel van gebroke huisgesinne.

Daar is ook, volgens 2010 se statistiek, bevind dat die grootste hoeveelheid huwelike (27,3%) tussen vyf en nege jaar lank duur.

Altesaam 20,9% het minder as vyf jaar gehou. Altesaam het dus amper die helfte van die huwelike wat in daardie jaar geregistreer is, minder as tien jaar geduur!

Verskeie media-platforms, bekende persoonlikhede, sake-ondernemings en beraders sal deelneem aan dié inisiatief. Regerings-leiers sal ook by dié projek betrek word.

Die huwelik hou verskeie voordele in, onder meer ’n langer lewe, meer sosiale kapitaal en beter gesondheid.

Gedurende dié week sal getroude paartjies landwyd die huwelik as instelling vier.

Paartjies sal aangemoedig word om te fokus op hul huweliksverhouding en om die struikelblokke in hul huwelik te konfronteer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button