Local newsNews

NG Selectionpark word 70

Augustus is feesviermaand vir die NG Kerk Selectionpark wanneer hulle hul 70ste bestaansjaar vier.

“Op 3 Augustus gaan daar van vroeg tot laat basaar gehou word met vele interessante stalletjies en uitstallers, gevolg deur ‘n gemeente ete by Laerskool Selectionpark skoolsaal,” sê huidige predikant Dominee Paul Joubert.

Selectionpark gemeente was die derde kerk wat van die NG Moedergemeente afgestig het.

Die gemeente het kerk gehou in ‘n groot tent op die gronde waar die kerkgebou tans is en alhoewel hulle herderloos was het Ds JJ Louw as voorsitter van die gemeente opgetree.

Gedurende die tyd het die nuut gekose kerkraad besluit om Dominie HJ Moolman as predikant te beroep.

“Ds Moolman het die amp as predikant aanvaar en is in Januarie 1944 bevestig,” sê Ds Paul.

Die kerkraad het aan die einde van Januarie van dieselfde jaar besluit om ‘n kerksaal te bou, maar die bouery kon eers in September 1946 begin.

Ds Paul sê die oorspronklike hoeksteen is op 15 Maart 1947 gelê, en so het die gemeente gegroei van krag tot krag tot en met hul 25 jaar van genade feesvieringe in 1968.

In die laat 60s het die kerkgebou gedeeltelik afgebrand en in 1969 het die kerkraad besluit dat dit tyd geword het om die bestaande kerk met ‘n nuwe te vervang.

Die bouery het begin terwyl dienste in Laerskool Selectionpark se skoolsaal gehou is toe dit in 1970 beskikbaar geword het.

Die herlegging van die ou hoeksteen in die nuwe kerk is op 13 Maart 1971 gedoen.

Ds Paul vertel die rekords dui daarop aan dat 20 Augustus 1971 ‘n heuglike dag was vir die gemeente toe die inwyding van die nuwe kerkgebou plaasgevind het.

Sover gaan dit nog baie goed met die gemeente.

“Die Here voorsien wonderlik in die behoeftes van NG Kerk Selectionpark en ons is dankbaar vir 70 jaar van genade,” se Ds Paul.

‘n Gemeente ete vind plaas op 17 Augustus om 6:30nm vir 7nm by Laerskool Selectionpark waar Danie Botha gaan optree.

Kaartjies beloop R200 per persoon.

Besprekings kan gedoen word by die kerkkantoor by 011 362 4671.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button