Hugenote se blink netbalspelers
Hoërskool Hugenote leerders blink uit op verskeie gebiede.
Verskeie dogters van die Hoërskool Hugenote is onlangs gekies vir provinsiale netbalspanne. Morizelle Jordaan (links) is gekies vir die Bokkieweek o/14, Lecrisha Maas vir die Gauteng o/17s, Mica Jacobs vir die Gauteng o/16s, Nombuso Dhlamini vir die Gauteng o/16s, Anje Schmidt vir die Bokkieweek o/14 en Charlize Deysel vir die Bokkieweek o/14.
Die Hoërskool Hugenote se skittrende ruiter, Lodelia Marais, is deel van die ruiterkuns-span wat onlangs aan Gauteng Ekurhuleni se finale kwalifiserende rondte (Qualifier 4) deelgeneem het. Die eerste klas was “Ideal time” en die tweede klas was “jump offs”. Lodelia is aangewys as victrix ludorum vir albei klasse. Dit is die eerste keer wat ‘n Hugie so ‘n toekenning ontvang.
Diolinde Visser is Hoërskool Hugenote se hokkiester van die jaar. Sy is gekies vir die Oos-Gauteng A-span wat gedurende die vakansie aan ‘n toernooi by die Afrikaans Hoër Meisieskool, in Pretoria, deelneem.
Drie rugbyspelers van Hoërskool Transvalia spook om Lenus Wilkinson, losskakel vir die Hoërskool Hugenote se eerste rugbyspan, plat te trek. Hugies het Transvalia 43-31 geklop in die Valke se semi-finaal. Dis die tweede keer hierdie seisoen wat Hugenote daarin geslaag om Transvalia op hul neus te laat kyk.
Dwayne Visser (kaptein) en Emile Jacobs (stut) ondersteun Hoërskool Hugenote flank, Rudi de Beer om die lynstaan te wen. Uitstekende lynstaan werk op hul tuisveld het Hugies gehelp om Transvalia 43-21 te klop in die Valke semi-finaal. Dis die tweede keer in een seisoen wat Hugies Transvalia klop.
Hoërskool Hugenote se losskakel, Lenus Wilkinson, breek deur twee spelers van Hoërskool Transvalia tydens hul kragmeting in die Valke semi-finaal. Hugies klop die besoekende span met ‘n telling van 43-31. Dis reeds die tweede keer hierdie seisoen wat Hugenote seëvier teen Transvalia.
Chané Maré (regs) van Hoërskool Hugenote hardloop draaie om haar teenstander van Hoërskool Jeugland, tydens die eerste hokkie ligawestryd. Hugenote het hierdie wedstryd met 4-0 in hul eie guns beklink.
Zandré Combrink (links agter), Alden Deysel, Danielle Carstens en Christian Welman. Ruan Oosthuizen (voor links), Louis van Rensburg en Lecrisha is leerlinge van Hoërskool Hugenote wat aan die SA atletiek kampioenskappe in Rustenburg deelgeneem.
Hoërskool Hugenote se netbalseisoen het goed gevorder hierdie jaar en het drie dogters opgelewer wat gekies is vir die Gauteng netbalspan. Nombuso Dlamini (o/15), Retha Janse van Rensburg (afrigter o/18 span), Kaylene Steyn (o/14) en Megan Lombard (o/17), gaan die skool naam omhoog hou tydens hul deelname aan die SA kampioenskappe, wat hierdie Julie-vakansie gehou word.
Vier hokkiemeisies van Hoërskool Hugenote is gekies vir 2014 se provinsiale-spanne. Diolinde Visser is gekies vir die Oos-Gauteng O/18 B-span, wat gedurende die Julie-vakansie aan ‘n toernooi by Afrikaans Hoër Meisieskool in Pretoria gaan deelneem. JC Jansen is gekies vir die Oos-Gauteng O/16 B-span wat in Nelspruit by die Rob Ferreira-week aan ‘n toernooi deelneem. Fransli Styger en Melanie Joubert is albei gekies vir Oos-Gauteng O/14 A-span, wat aan die Northerns-toernooi in Krugersdorp gaan d
Hoërskool Hugenote se dogters O/16A hokkiespan wen teen Middelburg Hoërskool met 1-0 tydens die PUK Prestige reeks.
Hoërskool Hugenote se dogters eerste hokkiespan eindig tweede tydens die PUK Prestige waar 16 skole deelgeneem het.
Die tweede rugbyspan van Hoërskool Hugenote is die wenners van die PUK Prestige-reeks deur Hoërskool Noordheuwel met 19-18 te klop.