EntertainmentLifestyle

Vrou soek Boer ‘n moet-kyk

'n Suksesvolle sakevrou kry haar bakkery en boer.

Die film hou jou betrokke tot op die laaste minuut, al verwag jy die held kry die meisie.

Afrikaanse films is die laaste tyd baie gewild en hierdie DVD staan glad nie terug vir enige van sy voorsate nie.

Die hoofrol word vertolk deur Mareike (Lika Berning), ‘n stadsmeisie in murg en been.

Sy is ‘n 30-jarige, ongetroude suksesvolle beroepsvrou met ‘n suksesvolle, tog veeleisende beroep.

Sy verdwaal en haar motor kry ‘n pap band op die aantreklike plaasboer Neil (Nico Panagio) se plaas.

Met vele intriges en interessante tonele, verruil sy die stad vir die platteland om ‘n bakkery oor te neem wat sy geërf het.

Sy leer baie vinig dat jou baksels altyd beter proe as jy verlief is.

Vir die Bok van Blerk aanhangers, is daar goeie nuus, want hy vertolk die rol as Mareike se kêrel, wat baie ernstiger oor haar is as sy oor hom.

Die film speel af in ‘n pragtige dorpie genaamd Wakkerstroom en die natuurtonele is pragtig.

Daar is baie lewenslesse te leer, van kierskeurigheid, hardekwas en eiewys wat alles oorkom word deur die liefde.

DVD: Vrou soek Boer

Uitgereik deur: Nu-Metro

Oorsig moontlik gemaak deur: Times Media

Oorsig deur: Anna Robertson

Related Articles

Back to top button