Local sportSport

Mike se liefde vir tennis

Mike de Lange (12) se liefde vir tennis het begin toe sy in Graad Een was.

Vir haar het dit altyd interessant gelyk wanneer haar ouers tennis speel.

In haar Graad Een jaar het haar pa vir haar ‘n tennisraket gekoop.

Alhoewel sy nog nie so goed gspeel het nie het sy vasgebyt en in oefen wedstryde deelgeneem tot en met Graad Vier.

Sedert verlede jaar is sy die nommer een tennisspeler by Laerskool Jan van Riebeeck.

Sy en haar ouers het in 2013 by die Selection Park Tennis Klub aangesluit.

Haar spel het baie verbeter sedert sy by die klub aangesluit het en teen grootmense speel.

Sedertdien speel sy met meer passie en deursettingsvermoë.

Ryno de Lange, Mike se pa, sê om aan die klub kompetisies deel te neem het definitief haar tennisspel verbeter.

Ryno sê Mike volg nog altyd haar eie kop, maar die huidige afrigter Pieter Stoltz is baie geduldig met haar.

Sy sê sy is eintlik ‘n slegte verloorder, maar dit maak haar net meer gedetermineerd.

Volgens Pieter is ‘n vinnig groeiende speler met determinasie.

“Haar spel het baie verbeter,” sê hy.

Met ‘n jong meisie wat weet wat sy wil hê is haar mikpunt om profesionele tennis te speel.

Haar mikpunt is om profesionele tennis te speel.

Mike se held is Maria Sharapova wat sesde op die wêreldranglys vir tennis is.

Sy is nie net rats op die tennisbane nie maar doen ook goed op akademiese gebied.

Met erekleure in tennis, ‘n balkie vir akademie en ‘n silwer balkie vir hokkie is sy iemand om mee rekening te hou.

Related Articles

Back to top button