NewsSchools

Klop Koppie ontvang skenking

Die goedhartige motorfietsklub Wheels in the Sky het fondse ingesamel gedurende hulle jaarlikse dag jol en kon sodoende 'n groot skenking aan Dr WK du Plessis Skool maak.

Tydens die onlangse oorhandiging, het die motorfietsklub die kinders kom vermaak met die gebrul van hul motorfietsenjins. Hierdie skenking gaan baie gate en harte vul vir die res van die jaar.

‘n Klein gedeelte van die fondse gaan gebruik word vir die bemarking van die skool se musiekfees wat op 25 September gaan plaasvind.

“Die oorblywende fondse gaan vir ons kersfunksie waar elke kind ‘n geskenkpakkie ontvang,” sê Maricelle Malan, die skool se arbeidsterapeut.

“Die behoeftige families gaan kruideniersware ontvang om ‘n ontspanne en sorgvrye kerstyd te ervaar.”

Sy sê hierdie skenking word opreg waardeer en gaan die kinders en hul families se harte baie bly maak.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button