LettersOpinion

Swak diens van metro

Metro dienslewering is swak

Daar is werklik ‘n probleem met die diens wat ons ontvang van die munisipaliteit.

Sowat agt weke gelede het ons ‘n lekkende waterpyp rapporteer, waar ons ‘n verwysingsnommer ontvang het.

Daar is gesê dat dit binne vyf werksdae herstel sal wees.

Twee weke later, was daar nogsteeds niks aangedoen nie.

Ek het weer geskakel, waarop daar vir my ‘n nuwe verwysingsnommer gegee is.

Hulle het gesê dat dit as ernstig gelys sal word en dat die opsigter my sal terugskakel.

Nogsteeds het daar niks gebeur nie.

So het ek maar weer geskakel, want die water lek teen omtrent 40 liter per uur uit die pyp.

Tot vandag toe is daar nog niks daaraan gedoen nie.

Ek is werklik moeg om elke keer dieselfde storie te hoor, maar daar word niks daaraan gedoen nie.

Tinus en Hettie Schoeman.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button