LettersOpinion

Kleipotte sê dankie

'n Dankbare mama Kleipot het hierdie brief ingestuur

Die Kleipotjies van Potters Haven funksioneer al 10 jaar lank en eers vir die laaste ses maande het ons die voorreg gehad om nuus te kon deurgee.

Vandag is dit ‘n dankbare mamma-hart wat wil dankie sê vir ons plaaslike koerant Addie en vir Annatjie vir wie geen artikel onbelangrik is nie, jy is ‘n aanwins mensie en dit waaraan jou hande vat, seën God!

Dankie vir Dokter Hartley, een van ons plaaslike tandartse wat saam met ‘n span toegesien het om een van ons kleingoed se tongetjie los te sny.

Sy kon op die ouderdom van vier nog nie behoorlike praat nie.

Hierdie tandarts doen 17 Kleipotjies se monde en almal van hierdie kindertjies dink jy is hulle hero.

Jy behandel hulle soos Koningskinders en nog nooit het ek enige fooi betaal en was enige krisis te klein om gehelp te word nie. Vreeslik dankie.

As ons meer sulke harte het keer ons hierdie dorp op sy dak, want God gee net as ons met oop hande gee.

Baie dankie julle is absoluut dierbaar.

Een van ons ander kleingoed moes ‘n bril kry vir haar skeel ogies en hier wil ek die oogarts in Springs Medicross hartlik bedank.

Dankie vir harte wat bereid is om in ‘n drie-jarige kleinding se ogies en wêreld ‘n verskil te maak.

Weereens kosteloos, hierdie mamma huil terwyl sy hierdie brief skryf want 17 kinderlewens word verander deur liefde so groot soos my Jesus se liefde vir my en jou!

Ook dankie aan Dr Botha wat ons kleingoed sien as ‘n voorskrif nodig is.

Dokter, jy en jou personeel word so waardeer.

Mag God julle ryklik seën vir julle bydrae in 17 kinders se lewens.

Marlene Minnie,

Potters Haven.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button