LettersOpinion

Baie dankie dokter

Ek wil net hierdie skrywe rig aan dokter Potgieter van Medicross in Springs.

Dankie dat u my vrou behandel het op 5 Desember.

Nadat ‘n EKG toets gedoen is, is bevestig dat sy alreeds ‘n hartaanval gehad het.

‘n Ambulans is dadelike gereël en sy is opgeneem in Verre Oosrand Hospitaal omdat die patetiese mediese fonds waaraan ek behoort nie toelating in ‘n privaat hospitaal toelaat nie.

Daar is geen behoorlike behandeling vir haar gegee nie en sy is 26 uur later oorlede na ‘n tweede groot hartaanval.

Toe ek ‘n dokter vra waarom sy nie in die ICU opgeneem is nie, is ek meegedeel dat daar net drie beddensbeskikbaar  is.

Sy is dood in ‘n varkhok wat soos ‘n hospitaal lyk terwyl die president van hierdie land miljoene spandeer op sy eie koninkryk.

En dit  terwyl sy kiesers in groot getalle sterf in haglike omstandighede in opgregradeerde varkhokke.

Weereens dankie dokter Potgieter vir u empatie en uiters bekwame behandeling, mag God u ryklik seën.

Johan Coetzee en familie

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button