Local newsNews

Bekende Springs inwoner se afsterwe laat ‘n groot leemte

Dries Hattingh is onlangs aan pankreas kanker oorlede.

’n Jarelange geliefde inwoner van die dorp, Dries Hattingh (72), of Oom Dries soos hy bekend was, is op Erfenisdag aan pankreas kanker oorlede.

Hoewel hy in Bethal in Mpumalanga gebore was en daar grootgeword het, was Springs vir byna twee dekades huis vir hom.

Hy het vir homself ‘n loopbaan as vulstasie bestuurder uitgekerf, ‘n beroep wat hy beoefen het tot en met sy laaste dae.

Volgens oom Dries se skoonseun, Tommie Miles (52) moes hy sy skoonpa omtrent forseer word om op te hou werk.


LEES OOK: Photography club announces winners


Hy wou selfs in die nuwe maand terug gaan werk toe om sy plaasvervanger touwys te maak.

Oom Dries word beskryf as ‘n pa vir almal en ‘n probleemoplosser. “My skoonpa was ‘n regte `gentle giant’; ‘n groot man met ‘n baie klein hartjie,” vertel Tommie.

Dries laat sy vrou, twee dogters, drie kleinkinders, ‘n broer en twee susters agter. Hy het ‘n magdom mense gehad wat baie lief was vir hom.

“Ek gaan sy stories en grappies baie mis. Hy was iemand wat baie belang gestel het in wat jy doen en hy sou alles van sy eie vir jou gee solank jy nie sukkel nie,” het Tommie vertel.


LEES OOK: Springs Muslim School visits local orphanage


“Sy harde kwaai voorkoms maar tog sagte klein hart, wat sonder sy wete sigbaar was, is beslis iets waarna ons gaan verlang,” het Tommie bygevoeg.

Oom Dries was ‘n regte familie man en sy vrou en kinders het altyd eerste in sy lewe gekom.

“As hy maar net geweet het watter groot leemte hy in almal se lewe gaan los en hoeveel mense hom liefgehad het.”

‘n Gedenkdiens word op 8 Oktober by die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika by Jurgensstaat 16, Strubenvale gehou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button