Local newsNews

VLU voorsitter het al drie dekades van toewyding gegee

Louise is al vir dertig jaar deel van die VLU Springs-tak.

Louise Fourie, die 67-jarige dinamiese vrou wat ook deesdae die voorsitter van die Carpé Diem, oftewel die VLU Springs-tak, se hande staan vir niks verkeerd nie.

Haar bereidwilligheid om haar medemens te help waar sy kan, is nog ‘n eienskap van haar. Louise is al 46 jaar met Louis (67) getroud en hulle woon in Edelweiss. Hulle is die trotse ouers van twee kinders en agt kleinkinders.

Die egpaar het jare gelede hul eie besigheid rakende gespesialiseerde ingenieurs produkte begin. Dertig jaar later is die Fouries steeds die trotse eienaars van dié onderneming.

Wanneer Louise nie besig is met haar VLU verpligtinge nie, werk sy bedags met hulle besigheid se finansies, waar sy die rekeninge en kwotasies behartig.


LEES OOK: Taxi drivers receive new spectacles


Toe die Springs Advertiser oor haar aftreeplanne uitvra, erken sy daar is nog geen sprake van aftrede nie.

“Ek gaan beslis nie binnekort aftree nie en sal aanhou werk totdat ek eendag nie meer kan nie,” het sy vertel.

Sy het 30 jaar gelede by Springs VLU aangesluit en het vir meer as ‘n dekade dié unie se tesourierwerk gedoen.

Sy is vroeër vanjaar tot die voorsitter verkies en het nie geskroom om die voortou te neem nie.

Tot dusvêr kwyt sy haarself goed van haar taak. Sy het reeds ‘n hele rits vergaderings behartig en het ook die unie se 40ste bestaansjaar vieringe suksesvol gereël en aangebied.


LEES OOK: Celebrating Women’s Month: Kerry-Leigh Wright’s story of hope, faith and grace


“Om voorsitter te wees is vir my ‘n reuse voorreg. Ek leer verskriklik baie by die ander lede met al hulle talente.”

Die groep vroue vergader gewoonlik een maal ‘n maand. Louise sal gewoonlik die vergaderings lei en belangrike datums aan die lede deurgee.

Daar is altyd ‘n gasspreker en die vroue leer ook nuwe vaardighede aan wat insluit gebak, gebottel, breiwerk, hekelwerk of borduurwerk.

Louise nooi enige vrou uit, jonk of oud, om by die VLU aan te sluit. Belangstellendes kan Louise by 083 268 8570 kontak.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button