Local newsNews

Skud jou vere reg vir Jan se Skuld Fees

Vanjaar se Jannies fees op 13 en 14 September plaasvind.

Die Laerskool Jan van Riebeeck maak gereed vir hulle jaarlikse Jan se Skuld Fees wat op 13 en 14 September plaasvind.

Die skool en organiseerders is die afgelope paar maande druk besig om ‘n top gehalte fees te organiseer wat vanjaar weer op die gronde van die Hoërskool Hugenote sal plaasvind.

Die gemeenskap word uitgenooi om kaartjies vir die fees aan te skaf.

Vanjaar se fees gaan weer eens sorg vir topklas vermaak deur top kunstenaars soos onder andere Steve Hofmeyr, Die Heuwels Fantasties, Rooksein, Danny Smoke en die Piesangskille.


LEES OOK: WATCH: Illegal mining lab raided in Selection Park


Daarbenewens sal Mnr en Mej Jannies 2024 ook gekroon word en feesgangers kan uitsien na ’n hele rits ander vermaak wat beplan word.

Verskeie snuffel stalletjies en kosstalletjies vir almal se smaak beloof om die fees een vir die boeke te maak.

Laerskool Jan van Riebeeck nooi almal uit om hulle te ondersteun en saam te gaan Jan se Skuld Fees hou.

Vir meer inligting, kontak Erika Duvenhage by 072 397 2064.



LEES OOK: Netcare N17 celebrates 25 years of healthcare excellence

Related Articles

Back to top button