Local newsNews

KYK: Nagwaak na Delarize (16) kankerstryd verloor

Delarize het Sondagoggend haar laaste asem uitgeblaas.

‘n Somber atmosfeer het gisteraand (Sondag) geheers toe inwoners van die dorp ‘n nagwaak vir Delarize Stevenson gehou het.

Die 16-jarige Delarize het gisteroggend haar laaste asem uitgeblaas nadat sy vir twee jaar aan osteosarkoom (been kanker) gely het.

Delarize was vanaf 29 Junie in die Charlotte Maxeke Johannesburg Akademiese Hospitaal nadat haar toestand vererger het.

‘n Groot groep mense het gisteraand by die nagwaak opgedaag om respek te toon deur kerse aan te steek en lanterns die lug op te laat gaan.

Delarize se ouers, Willem en Karin Stevenson het die nagwaak met swaar harte bygewoon.

Begrafnisreëlings is nog nie bekend gemaak nie. ‘n Volledige berig sal volg.


Video 1


Video 2

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button