Local newsNews

KYK: Trane vloei toe Karlien van Jaarsveld kankerlyer van Stubenvale verras

Die Advertiser het gesorg dat dit gebeur en Delarize se wens het Saterdag waargeword toe Karlien haar by haar huis in Strubenvale verras het.

Om vir Karlien van Jaarsveld te ontmoet was ‘n groot droom van die jong Delarize Stevenson, en haar droom het uiteindelik waargeword.

Dié 16-jarige veg al vir meer as twee jaar lank teen Osteosarkoom, ‘n vorm van beenkanker wat gewoonlik by kinders voorkom.

Die Stevenson gesin het onlangs gehoor dat haar siekte terminaal is.

“Hulle het vir ons gesê dat ons onsself op die ergste moet voorberei,” sê haar ma Karin, en voeg by: “Hoe doen ‘n mens dit?”

Volgens Karin het die nuus van haar dogter se diagnose hul gesin platgeslaan maar hulle bly sterk in geloof.


@springsadvertiser

Karlien verras jong kankerlyer Springs guitar ekurhuleni

♬ original sound – springsadvertiser –


Die Springs Advertiser het enkele weke gelede oor Delarize se diagnose berig (Kanker kry brawe tiener nie onder), waar sy vertel het van haar droom om Karlien te ontmoet.

Die Advertiser het gesorg dat dit gebeur en Delarize se wens het Saterdag waargeword toe Karlien haar by haar huis in Strubenvale verras het.

Kitaar in die hand het Karlien een van haar ouer liedjies, As die gordyn val, vir Delarize gesing.

‘n Emosionele Delarize kon nie haar oë glo toe dié gewilde kunstenaar by die voordeur instap en haar gunsteling liedjie sing nie.

Emosies het oorgeneem en selfs Karlien het huilend die liedjie probeer sing.


LEES OOK: EHBA’ Bee and Honey Show promotes local honey, safe bee removal


Dié twee het kans gekry om mekaar beter te leer ken en Delarize het haar laat verstaan dat sy by verre haar grootste aanhanger is.

Na die aanvanklike trane was sy opgewonde en het gesukkel om die glimlag van haar gesig af te vee.

Dié twee het ‘n hond uit ‘n bos gesels en Karlien het selfs vir haar ‘n geskenkpakkie met lekkers gebring.

Karlien het die Springs Advertiser bedank vir die ontmoeting en gesê sy het baie lekker saam met Delarize gekuier.

“Ek is so bly ek kon haar ontmoet,” het Karlien gesê.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button