Francois Engelbrecht het vier onderskydings ontvang in rekeningkunde, rekenaartoepassingstegnologie, lewensoriëntering en besigheidstudies.
Altesaam 15 matikulante van die Hoërskool Hugenote het daarin geslaag om drie of meer onderskeidings te behaal in die 2023 Nasionale Senior Sertifikaat eksamen (NSS) van 2023.
Twee leerders, Alexia Vermeulen en Clarissa Jager het elk sewe onderskeiding los geskryf en Corne Kotze het ses onderskeidings agter sy naam.
Dié matrikulante het Vrydag saam met derduisende ander, wat hul eksamen in 2023 afgelê het, uiteindelik hul uitslae ontvang.
Die hoof van Hoërskool Hugenote, Frans Styger, is baie tevrede met die skool se matriekuitslae. Sy personeel en matrikulante het hard gewerk.
“Hierdie groep leerders was in ‘n benarde posisie tydens die Covid-epidemie, maar het steeds bo verwagting goed gevaar. Dit maak my geweldig trots,” het hy gesê.
Jaydean Pretorius het vyf onderskydings in Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, lewensoriëntering, rekeningkunde en besigheidstudies verwerf. Sy gaan geoktroieërde rekeningkunde aan die Noord-Wes Universiteit studeer.
Andiswa Manana het drie onderskeidings in Engels eerste addisionele taal, lewensoriëntering en religiestudies.
Alexia Vermeulen het sewe onderskeidings in Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, lewensoriëntering, rekeningkunde, ingeneursgrafika en -ontwerp, rekenaartoepassingstegnologie en wiskunde behaal. Sy gaan Bcom Rekeningkunde aan die Universiteit van Pretoria studeer.
Stephan Steenkamp het drie onderskeidings in Engels eerste addisionele taal, rekenaartoepassingstegnologie, en ingeneurs-grafika en -ontwerp. Hy beoog om geoktriëerde rekeningkunde te studeer aan die Universiteit van Pretoria.
Louise van der Merwe het vyf onderskeidings in lewensoriëntering, Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, rekenaartoepassingstegnologie en lewenswetenskappe verwerf. Sy gaan haar droom van kinderdae af bewaarheid deur verpleugkunde te studeer aan die Universiteit van Pretoria.
Dilano Potgieter het drie onderskeidings in Afrikaans huistaal, lewensoriëntering en besigheidstudies verwerf.
Kacey Pretorius het vier onderskeidings in Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, lewensoriëntering en religiestudies behaal.
Charonica van den Berg het drie onderskeidings in verbruikerstudies, lewensoriëntering en toerisme verwerf. Sy begin dadelik werk, maar beplan om later te studeer om 'n arbeidsterapeut en maatskaplike werker te word.
Arwin Weenink het drie onderskeidings in Engels eerste addisionele taal, lewensoriëntering en rekenaartoepassingstegnologie behaal. Sy wil graag in die mediese rigting studeer.
Tyron Nell het drie onderskeidings in siviele tegnologie, rekenaartoepassingstegnologie en ingeneursgrafika en -ontwerp ontvang. Hy beoog om by Sol-Tech sy elektriese ambag te doen, en wil sy eie besigheid begin.
Clarissa Jager het sewe onderskeidings in Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, lewensoriëntering, rekeningkunde, lewenswetenskappe, rekenaartoepassingstegnologie en wiskunde behaal. Sy beplan om geoktroieërde rekeningkunde te studeer aan die Universiteit van Stellenbosch.
Rentia van der Riet het ses onderskeidings in Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, lewensoriëntering, rekeningkunde, rekenaartoepassingstegnologie en wiskunde. Sy studeer geoktriëerde rekeningkunde aan die Noord-Wes Universiteit.
Corne Kotze het ses onderskeidings in Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, lewensoriëntering, rekeningkunde, lewenswetenskappe en wiskunde.
Nikita Meyer het drie onderskeidings in Afrikaans huistaal, lewensoriëntering en besigheidstudies. Sy het 'n besondere voorliefde vir entrepreneurskap en gaan haar Bcom graad aan die Universiteit van Stellenbosch studeer.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it
here .