Local newsNewsSport

Springs vier 100 jaar met nog ‘n Peregrine oorwinning

Die wen is ekstra spesiaal vir Ou Ryperd, weens die feit dat klub vanjaar sy 100ste bestaansjaar vier.

Ou Ryperd is beslis ‘n perd van ‘n ander kleur. Springs Rugbyklub het Saterdag in die Peregrine ligafinaal teen NWU te staan gekom en het as oorwinnaars van die veld met 42– 37 gestap.

Die finaal was op die Barnard Stadion in Kempton Park beslis.

Springs het vanjaar bo-aan die Peregrine Liga se punteleer met aanvallende spel en hardloop rugby net soos Springs kan speel geeïndig.

Die span se laaste nederlaag in die Peregrine liga was in 2019 toe hulle teen Vereeniging verloor het.

Springs het drie drieë in die eerste helfte gedruk en met twee doelskoppe en twee strafdoele geslaag terwyl NWU een drie gedruk het en een doelskop en twee strafdoele deur die pale gejaag het.

Halftyd was Springs met 25 punte teenoor die 13 van NWU voor. In die tweede helfte het Springs ‘n verdere drie drieë gedruk met een geslaagde doelskop.


LEES OOK: Young crocheter fueled to do good like her grandmother


NWU het drie keer agter Springs se doellyn gaan kuier en was suksesvol met drie doelskoppe en een strafdoel.

NWU het deurentyd probeer om Springs te probeer ontwrig en het nie toegelaat dat Springs die wedstryd dikteer soos hul gewoonte was in die meeste van hul wedstryde nie.

Daar was drie kaarte in die wedstryd uitgedeel waar NWU een geel kaart gekry het en Springs een geel kaart en een rooi kaart. Dit het veroorsaak dat Springs vir die grootste gedeelte van die wedstryd met 14 spelers moes speel.

Na afloop van die wedstryd en voor die oorhandiging van die trofee het Springs se spelers vir die toeskouers die lied Ou Ryperd uit volle bors gesing.

Springs se punte is as volg aangeteken:

Drieë: Sweef Potgieter (2), Mandla Plumbstead (1), Thabu Tau (1), Henry Pike (1) en Zain Janse van Rensburg (1).

Die res van die punte was met die skopskoen aangeteken. Die drieë-vraat Sweef Potgieter het die seisoen sovêr 24 van Springs se 97 drieë gedruk.

Springs se tweede span op hul beurt het ook deurgedring na hul finaal toe en het teen Boksburg te staan gekom.

Die wen is ekstra spesiaal vir Ou Ryperd, weens die feit dat klub vanjaar sy 100ste bestaansjaar vier.




Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button