Local newsNews

Sakevroue raak kreatief by vergadering

Die Sakevroue herinner die publiek aan hul gholfdag vir liefdadigheid op 4 Oktober te ERPM.

Die Oos-Rand Sakevroue het hul kreatiewe kant by hul onlangse vergadering te Summer Place gewys.

Ilze Steenkamp van Tjhoko Paint het onder meer die vroue verftegnieke geleer om hulle inspirasie te gee om iets te skep.

Tydens die geleentheid het die vroue ook lief en leed gedeel.

Nog ’n hoogtepunt van die oggend was die driegangmaaltyd.

Karen Herbst, voorsitter van die Sakevroue, het die geleentheid as ‘n sukses beskryf.

“Ons is baie tevrede met die opkoms. Ten spyte dat dit die begin van ‘n langnaweek was, het die dames steeds opgedaag. Ilze het ons ook meer vertel van Thjoko Paint en sy ontstaan.

“In hierdie vergadering het ons sakevroue, Daleen Nel, Louise Fick en Berdean van Rensburgh ook gesels oor in watter tipe besigheid hulle is.”

Die Sakevroue se volgende vergadering is op 20 Mei by The African Spirit Distillery.

“Ons het dit goed gedink om ons gemeenskap te ondersteun en besluit om ‘n gin-proe te hou. Gades is ook welkom om die oggend saam te geniet.”

Verder herinner Herbst die publiek aan hul liefdadigheidsgolfdag ten bate van kanker op 4 Oktober te ERPM.

Vir meer inligting, stuur ‘n e-pos aan karen.herbst@sanlam4u.co.za of louisefick11@gmail.com

Follow Us: FacebookTwitterInstagram

Related Articles

Back to top button