Local newsNews

Ina Grobler ontvang wol skenkings

Ina was baie opgewonde en dankbaar om die eerste klomp wol te ontvang.

Ina Grobler brei kniekombersies en mussies vir behoeftiges.

Die Advertiser het onlangs ‘n beroep gedoen op die publiek om wol te skenk vir hierdie goeie daad.

Barmhartige skenkers het gereageer en die wol wat na die Springs Advertiser se kantore gebring is Donderdag na Ina geneem.

Ina was baie opgewonde en dankbaar en het gretig vertel oor hoe sy nou op ronde naalde (naalde aanmekaar vasgemaak met ‘n kabel) brei, eerder as wat sy drie pante brei en probeer aanmekaar vaswerk.

Sy sukkel al hoe meer om te sien waar sy die garing ryg om die kombersies aanmekaar te sit. Sy het hierdie metode probeer om dit vir haarself makliker te maak.

Wol skenkings kan steeds by die Advertiser se kantore by Vyfdelaan 48 afgelaai word, waarvandaan dit na Ina geneem sal word.



ALSO READ: Solidariteit Helpende Hand is bedrywig

ALSO READ: Scouts’ hall robbed and vandalised

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button