Local newsNews

Vroue hekel honderde blokkies vir kniekomberse

‘n Totaal van 997 blokkies is ingesamel.

‘n Groep vroue onder die leiding van Elsabé Grobler het Saterdag by Lalies Den in Boundaryweg byeen gekom en gehekel dat die wol behoorlik spat.

Tydens die “blockathon” is blokkies gehekel vir kniekomberse wat aan die Brenthurst Ouetehuis geskenk sal word.

“Ons doelwit is om 30 kniekomberse teen Meimaand in te samel,” het Elsabé verduidelik.

“Ons het ‘n groot opkoms gehad van vroue wat Saterdag fluks gehekel het en die skenkings van wol en blokkies, wat deur die publiek geskenk is, het ook bygedra tot die sukses van ons `blockathon.”

‘n Totaal van 997 blokkies is ingesamel.

“Ons is nog 443 kort van ons mikpunt van 1440 maar ons verwag nog skenkings wat kom van so vêr as Namibië,” het Elsabe gesê.

Talle lede van die Brakpan-tak van die Vroue Landbou-unie het ook Saterdag opgedaag om blokkies vir die projek te hekel.


LEES OOK: Pienaar secures world champion title

LEES OOK: Ebotse and BCC to host women’s champs




Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

Related Articles

Back to top button