News

VLU open jaar met indrukwekkende handwerk

Lede van die VLU bring hul handwerk na die eerste vergadering van die jaar.

Die Springs-tak van die Vroue Landbou-unie het Woensdag hul eerste ontmoeting vir die jaar gehad.

Die lede het ook hul handwerk artikels ingehandig vir beoordeling.

Dit het onder andere fotorame, alkohol ink kuns, appel jellie en hand-gehekelde geruite (tartan) komberse ingesluit.

Die vergadering is geopen met die VLU gebed deur Bettie Bezuidenhout, waarna Sankie Jordaan die gaste verwelkom en drie nuwe lede bekend gestel het.

ALSO READ: Hugenote se 2022-matrikulante behaal 100% slaagsyfer

Die nuwe lede is Tina Botha, Marie Bouwer en Mariaan Swart.

Die gasspreker Anel O’Neill van Woman of Worth het na afloop van die formaliteite gepraat oor die verskillende seisoene van vrouwees.

Die is die seisoene van vreugde, genade, deursigtigheid, en ‘n nuwe begin.

Sy het vertel dat as ‘n seisoen eindig is daar altyd hoop dat ‘n nuwe een gaan begin.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button