Local newsNews

Laerskool Selection Park ruiters vaar goed

Die leerders werk baie hard en daag elke keer trots op in hulle skool uniforms om Laerskool Selection Park te verteenwoordig.

Ses leerders van die Laerskool Selection Park het hul skool onlangs by die South African National Equestrian School Association (SANESA) perdrykompetisie verteenwoordig.
Die ruiters het ook deurgedring na die SANESA Ekurhuleni, Gauteng finaal, wat in September plaasvind.
Tenike Lira (12) het die A-span gehaal in Dreseerwerk. Dit is die fynere kuns waar die passies en beweging van die perd fyn gekritiseer word, die ruiter is verantwoordelik om hierdie instruksies uit te gee met die gebruik van hul hande en bene. Die ruiter se styl word ook beoordeel.

Also read: Laerskool Jan van Riebeeck hokkiespanne presteer.

Mieke Booysen (12) het die B-span gehaal in Dreseerwerk en ‘working riding’. Tydens ‘working riding’ word die perd beoordeel op kriteria vir ‘n algemene ryperd. Dit is belangrik dat die perd mooi vertoon en ‘n verskeie hoeveelheid take kan uitvoer.
Kaylee Els (12) het die B-span in Dreseerwerk gehaal.

Tenike Lira behaal die span in Dreseerwerk.

Leandré Collins (13) het die B-span gehaal in Dreseerwerk en vir ‘working hunter’ die A-span behaal.
Met ‘working hunter’ word die perd vereis om verskeie take uit te voer soos om hindernisse te oorkom. Die ruiter word ook beoordeel op hulle ry styl.
Ella van der Merwe (9) het die B-span gehaal in ‘working hunter’.

Also read: Laerskool Jan van Riebeeck hokkie nog sterk

Lizé Lira (10) het B-span gehaal in ‘working riding’.
“Die leerders werk baie hard en daag elke keer trots op in hulle skool uniforms om Laerskool Selection Park te verteenwoordig,” het ‘n woordvoerder van die skool gesê.

Lizé Lira behaal die span vir ‘working riding’.

Follow us on our social media platforms:

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button