Local newsNews

Helpende Hand deel weer skooltasse uit

Die doel van Solidariteit Helpende Hand se Skooltassie-projek strek wyer as om net ’n tassie vol skryfbehoeftes in ’n graad een leerder se hand te plaas.

Solidariteit Helpende Hand se Springs-tak het verlede week 300 kinderharte verbly toe hul elk ’n skooltassie propvol skryfbehoeftes ontvang het.
“Vir Solidariteit Helpende Hand is die Skooltassie-projek ’n hartsaak,” het Martie de Villiers, projekleier, gesê.

Also read: AfriForum’s East Rand branches donate hand sanitisers and cleaning agents

“Vir die afgelope 13 jaar slaag ons daarin om duisende tassies regoor die land te versprei.
“Daar word gereeld navorsing gedoen om seker te maak dat die inhoud van die tassie voldoen aan meeste van die skole se skryfbehoefte vereistes. Die waarde van so ’n tassie met die inhoud is R250,” het Martie verduidelik.

Hannes Swiegers van Laerskool PAM Brink het de tassies van Christine Lubbe (links) en Martie de Villiers in ontvangs geneem.

“Regoor Suid-Afrika is daar duisende graad eens wat opgewonde en vol selfvertroue hulle skoolloopbaan betree, maar daar is ook duisende kinders wat opdaag met ’n paar stomp potlode en ’n uitveër wat halfpad gekou is.

Christine Lubbe (links, voorsitter van die Solidariteit Helpende Hand Springs-tak), Katy van der Merwe (ondervoorsitter) en Martie de Villiers (voor, projekleier) het Laerskool Christiaan Beyers se tassies aan Joggie Griesel oorhandig.

“Die doel van Solidariteit Helpende Hand se Skooltassie-projek strek wyer as om net ’n tassie vol skryfbehoeftes in ’n graad een leerder se hand te plaas. Dit skep hoop, gee selfvertroue en verseker die kind dat daar iemand is wat in hom of haar glo,” het Martie bygevoeg.

Follow us on our social media platforms:

Related Articles

Back to top button
X

.