Local newsNews

Springs leerder skryf ‘n lekker prys los

Laerskool Jan van Riebeeck leerder wen skryfkompetisie

Schalk Burgers, ’n Graad Ses leerder aan die Laerskool Jan van Riebeeck, het onlangs die FAK en Conspirito se Woeker-met-die-pen kompetisie vir sy storie, Die dag wat ek in die grootste moeilikheid was, gewen.
Hy het ’n R2 500 kontantprys ontvang asook ’n boekprys en sertifikaat.
Daar was landwyd meer as 100 inskrywings vir die kompetisie, wat inskrywings van Namibië ingesluit het.

Also read: Laerskool Jan van Riebeeck hokkiespanne presteer.

Die inskrywings is deur die bekende skrywers, Carla van der Spuy en Sarina Dönges, beoordeel.
Schalk het groot lof gehad vir sy drie mentors wat hom bygestaan het. Hulle is sy Ouma Mannetjie en twee onderwysers van sy skool, Christa van der Merwe en Ansie Vosloo.

Follow us on social media:

Related Articles

Back to top button
X

.