EntertainmentLifestyle

RSG en lekker musiek op die ope oseaan

Passasiers kan hulle gunsteling omroepers elke oggend op die dek ontmoet.

Die hoogsaangeskrewe Oppiwater Kunstefees word vir die sewende keer deur Lefra Produksies en Radio Sonder Grense (RSG) aangebied aanboord die nuwe en luukser MSC Orchestra van 5 tot 10 April.

Die Orchestra reis van Kaapstad to Namibië.

Elke oggend skop af met musiek deur Alwyn Oberholster om 10vm, daarna kan gaste deel wees van die regstreekse uitsending vanaf 10.30vm.

Die jongste nuus sal dan om 11vm uitgesaai word.

Passasiers kan hulle gunsteling omroepers elke oggend op die dek ontmoet.

Opvoerings soos Cohen en Koos, My Oom se Vrou se Plekkie, Groet die Grotman 2, Haal Asem saam met Ira Blankenberg, Joy deur Lizelle, Nic Stevens – Sing die Musiek van Bryan Adams, Falicity Spitfire se Groot Trek met Gregg Pretigrew en vele meer sal die gaste daagliks onthaal.

Bespreek by Lefra Produksies, oppiwater@rsg.co.za of www.oppiwater.co.za

Follow us on our social media platforms:

Related Articles

Back to top button