EntertainmentLifestyle

Grotman by Carnival City

Sien die Grotman by Carnival City

Groet die Grotman 2 word by Carnival City se Mardi Gras Teater op 10 Oktober om 8nm, 11 Oktober om 8nm, 12 Oktober om 3nm en 8nm, en 13 Oktober om 3nm aangebied.

Dit is 20 jaar later. Grotman en Elize is steeds gelukkig getroud … of is hulle?

Die kinders is tieners met hul eiesoortige uitdagings.

Grotman het sy rookseine verruil vir WhatsApp-boodskappe, eposse, iPhones, Facebook en Twitter.

Die verskille tussen mans en vrouens is steeds daar, want mans is steeds van Mars en vrouens van Venus.

Lefra kondig met trots aan dat Wynand (Karate Kallie) van Vollenstee die rol van Grotman 2 gaan speel.

Wynand is ’n bekende in die komiese teater en hy word deesdae ook in Willie Esterhuizen se baie suksesvolle Ouboet en Wors as Gielie gesien.

Frans Swart het die teks geskryf en hanteer ook die regie.

Besprekings kan by Computicket gedoen word deur 0861 915 8000 te skakel, of deur hul webblad by www.computicket.com te besoek.

Follow us on our social media platforms:

 

Related Articles

Back to top button