Local newsNews

Sien Toks en Tjops by Carnival City: Gesels lekker rugby met Toks van der Linde

Toks gaan ook ’n sportvasvrae aanbied om die manne en dames se sportkennis te toets.

Die bekende Toks van der Linde (van Toks en Tjops-faam) en die sangpaar Christo en Cobus (van Die Broers-faam) tree op 8 Augustus by Carnival City se BRU’s (Applause-teater) om 8nm op.

Dis ’n heerlike rugbyaand vol pret en plesier om die langnaweek mee af te skop.

Daar gaan rugby gesels word deur die ou grote, Toks, en musiek gemaak word deur Christo en Cobus.

Toks gaan ook ’n sportvasvrae aanbied om die manne en dames se sportkennis te toets.

Daar gaan ook lekker Tafel Lager pryse op die spel wees.

Toks het bekendheid verwerf as uitstekende stut vir die WP en natuurlik die Springbokke.

Nadat hy uitgetree het uit rugby, het hy ’n bekende televisie-aanbieder geword met suksesvolle TV-programme soos Oor die Kole en Toks en Tjops, wat beskou word as een van kykNET se top programme.

Hy is ook baie bekend in die korporatiewe wêreld en is ’n baie gewilde geleentheidsspreker wat partykeer ook sommer lekker opera sing met Figaro as sy gewildste opera.

Christo en Cobus is ’n bekende sangpaar wat baie bekend daarvoor is dat hulle ’n partytjie aan die gang kry.

Hulle Trein na Margate, wat deur Steve Hofmeyr geskryf is, is seker een van hul grootste treffers.

Hulle het hierdie treffer opgevolg met 7 X 70, wat ook baie gewild is.

Saam met hulle ander broer, Nic Stevens, vorm hulle ook die gewilde trio, Die Broers.

Kom geniet “Aand met Toks van der Linde en Christo & Cobus.”

Besprekings kan gedoen word by Computicket 08619158000.

Groepe meer as 10 kry lekker afslag deur Monica te skakel by 011 815 3000 of te e-pos aan admin@lefra.com

Die produksie word aangebied met die vriendelike samewerking van Tafel Lager.

Related Articles

Back to top button