LettersOpinion

Lettie Janse van Vuuren is ongelukkig

Wat het van ons dorp, Springs, geword?

Lettie Janse van Vuuren van Petersfield skryf:

Wat het van ons dorp, Springs, geword?

Kyk net hoe lyk die dorp – vol vullis, riool wat in die strate afloop, van die parke is in ’n toestand.

Lang gras, dooie bome, stompe en gemors wat rondlê?

Straatligte brand bedags en baie brand glad nie snags.

Elke dag is daar iewers ’n robot wat nie werk.

Waar is die instandhouding?

Die stank in die omgewing van die abattoir is onuithoudbaar.

Waar is die gesondheidsinspekteurs?

Die Springs gholfbaan is ‘n seeroog, vir jare al sonder ’n behoorlike heining.

Oral ry munisipale voertuie bedags rond, maar dit lyk nie of daar enige werk gedoen word.

Ag nee, waarvoor betaal ons belasting?

Skakel jy om iets te rapporteer kry jy net verwysingsnommers en niks word gedoen.

Het mense nie meer werkstrots om iets behoorlik en reg te doen nie?

Waar is die raadslede, kan hulle nie ingryp nie?

Ag nee mense, ruk julself reg en maak ons dorp weer mooi en iets om op trots te wees.

Ongelukkige belastingbetaler

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button