Sport

Clayton Meyer is die nuwe kampioen

Clayton het van die begin af met baie selfvertroue en deursettingsvermoë in die kryt geklim om teen Tulani Ramasa van die Vrystaat af te reken. Nie alleen het dit hom gehelp om met die goue medalje weg te stap nie, maar ook vir die skare en sy teenstander te bewys dat dinamiet soms in klein botteltjies kom.

Bert Collins het 2018 op ’n hoë noot met hulle vyfde kampioen die jaar afgesluit.

Clayton ‘Klein Toon’ Meyer, ’n 13-jarige leerder van Laerskool PAM Brink, het gedurende die Suid-Afrikaanse Nasionale Boksorganisasie (SANABO) Skole Seuns- en Dogter Kampioenskappe vanaf 11 tot 16 Desember in Welkom weggestap met ’n goue medalje en is sodoende bekroon as die Suid-Afrikaanse Skole Seun Kampioen in die 41kg gewigsafdeling.

Clayton het van die begin af met baie selfvertroue en deursettingsvermoë in die kryt geklim om teen Tulani Ramasa van die Vrystaat af te reken. Nie alleen het dit hom gehelp om met die goue medalje weg te stap nie, maar ook vir die skare en sy teenstander te bewys dat dinamiet soms in klein botteltjies kom.

Clayton het sy opponent met die regte houe en verdedigingstegnieke van die begin af gedomineer en so sy opponent met ’n 5 – 0 puntebeslissing gewen.

Volgens afrigter Freddie Dicks was Clayton fiks. Hy het elke aand in die klub spandeer om fiks te bly en sy tegnieke te verbeter terwyl sy maats vakansie gehou het. Harde werk word altyd beloon.

Bert Collins is baie trots op Clayton en voorspel vir die jong seun met die hart van ’n leeu ’n blink toekoms in boks.

Bert Collins het 2018 afgesluit met nie minder as vyf Suid-Afrikaanse kampioene nie, die enigste klub in Ekurhuleni en Gauteng wat met so prestasie kan spog.

Gerhard Thysse, ’n 24-jarige onderwyser van Hoërskool Hugenote, het die ys in Junie gebreek om die eerste kampioen in die elite kategorie in die 81kg gewigsafdeling te word.

Daarna het Minnet Dicks, ’n 15-jarige leerder van die Hoërskool Die Anker, in die junior kategorie in die 57kg gewigsafdeling gevolg, met haar suster, Geanné Dicks, ’n 16-jarige leerder ook van Hoërskool Die Anker, in die junior kategorie in die 64kg gewigsafdeling op haar hakke.

Geannè het haar titel vir die vierde agtereenvolgende jaar suksesvol verdedig.

Chantel Erasmus, ’n 18-jarige matriekleerder van Hoërskool Die Anker, het haar kampioentitel vir die tweede jaar suksesvol in die jeugkategorie in die 54kg gewigsafdeling verdedig.

Sy is ook as die Beste Jeug Vroue Bokser van die kampioenskappe aangewys.

Dan spog die klub ook met van die beste beamptes en afrigters. Afrigter Freddie Dicks het sy SANABO afrigterskursus met 96 persent gedurende Augustus in Oos-Londen geslaag.

Afrigter Veronica Meyer het haar Gauteng afrigterskursus ook met vlieënde vaandels gedurende Julie in Johannesburg geslaag.

Klubvoorsitter Jeanette Dyzel het gedurende Desember haar praktiese 1Ster Internasionale Boksorganisasie (AIBA) Skeidsregterkwalifikasie by die 2018 Afrika Unie Sportraad (AUSC) Region 5 Youth Games in Gabarone, Botswana, verkry en mik nou na ’n 2Ster Skeidsregterkwalifikasie gedurende April in Gabarone.

Charl Coetzer en Steven Anandale is beginnerafrigters waarop Bert Collins baie trots is. Die volgende stap vir hulle is om as distrikafrigters te kwalifiseer.

Al Bert Collins boksers het gedurende 2018 baie goed presteer. Die klub se verloor persentasie vir 2018 is so 20 persent in vergeleke met hulle wenprestasie van 80 persent. Die beginnerboksers het hulle ook baie goed van hulle taak gekwyt deur hard te oefen en met goeie selfvertroue deur die toue te klim.

Belangstellendes word uitgenooi om aan te sluit. Almal van alle ouderdomme is baie welkom.

As jy nie self wil boks nie maar deel wil wees van die Bert Collins-familie is jy welkom om aan te sluit en opgelei te word as afrigter of as beampte.

Skakel Jeanette Dyzel op 073 893 2364 of 060 577 0127 op WhatsApp.

Bert Collins afrigters, ouers en boksers sien uit na harde werk gedurende 2019 om die klub se naam hoog te hou en hulle prestasie te verbeter.

“Daar is altyd iemand wat harder oefen om jou plek in te neem, so bly nederig en oefen harder sodat jy nie onkant betrap word nie,” se Dyzel.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button