Local newsNews

Top presteerders by Hoërskool Hugenote

Kurt Thomsen is Hoërskool Hugenote se Dux-leerder.

Michelle Booyse van Hoërskool Hugenote het ses onderskeidings in die 2018 matriekeksamen behaal. Sy het bo 80% behaal in English first additional language, wiskunde, rekenaartoepassingstegnologie, rekeningkunde, lewenswetenskap en fisiese wetenskap. Haar toekomsdrome behels ’n BSc Aktuariële en Finansiële Wiskunde graad by die Universiteit van Pretoria waarna sy as aktuaris wil praktiseer.
Nog ’n slimkop van Hoërskool Hugenote is Eugene Schmidt. Hy het vier onderskeidings in die 2018 matriekeksamen behaal. Sy uitblinkervakke is English first additional language, wiskunde, rekenaartoepassingstegnologie en fisiese wetenskap. Sy kop staan Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus toe waar hy sommer twee grade wil aanpak. Hy gaan homself eers kwalifiseer as geoktrooieerde rekenmeester en daarna gaan hy bedryfsingenieurswese takel. Hy beoog om uiteindelik in die buiteland te gaan
Kurt Thomsen is Hoërskool Hugenote se Dux-leerder met sewe onderskeidings vir Afrikaans huistaal, English first additional language, wiskunde, rekenaartoepassingstegnologie, geografie, lewenswetenskap en fisiese wetenskap. Hy beplan om medies te studeer by die Universiteit van Pretoria. Fotografie is sy stokperdjie en hy hoop ook om dit eendag uit te brei op ’n vlak wat meer as net ’n tydverdryf behels.

Related Articles

Back to top button