Local newsNews

Jong bokskampioene gekroon

Minnet Dicks gaan Gauteng vir die eerste keer by die Suid-Afrikaanse junior- en jeugkampioenskappe in Limpopo verteenwoordig.

Clayton Meyer (13) het op 28 Julie die Ekurhuleni kampioen geword nadat hy sy opponent Keanu Williams van Brakpan met ’n puntebeslissing gewen het.

Tydens die harde geveg het Clayton gou besef dat hy sy hande hoog op moet hou en dat hy op sy voorvoet moet boks.

Sy ondervinding het hom gehelp om as wenner en kampioen in die 39kg gewigsafdeling bekroon te word.

Clayton gaan Ekurhuleni gedurende September in Soweto by die Gautengse skole seuns- en dogterkampioenskappe verteenwoordig.

Lees ook Bert Collins Boxing Club punches its way to the top

Ons wens hom alle voorspoed toe en weet hy gaan die titel huis toe bring.

Minnet Dicks, Geannè Dicks en Chantel Erasmus het Ekurhuleni gedurende die naweek van 3 tot 4 Augustus in Pretoria by die Gautengkampioenskappe verteenwoordig.

Minnet (15), ’n junior in die 54kg gewigsafdeling, het deur die toue teen Ruth Mathane van Soweto geklim en was in die begin baie erg op haar senuwees.

Sy het egter gou besef dat sy goed sal moet boks om die geveg te wen.

Sy het haar opponent met haar reguit houe en uitstekende verdeding gou oorskadu en die geveg is in die tweede ronde deur die skeidsregter in Minnet se guns gestop.

Groot was Minnet verligting toe sy besef dat sy die Gautengkampioen in die 54kg afdeling vir junior dogters is.

Lees ook Bert Collins Boxing Club do well at the Arnold Classic Tournament

Minnet gaan Gauteng vir die eerste keer by die Suid-Afrikaanse junior- en jeugkampioenskappe in Limpopo verteenwoordig.

Geannè (16) en Chantel (18) het ongelukkig nie opponente gehad nie en het dus met ’n “walk-over” gewen en is ook as Gautengkampioenskappe bekroon.

Geannè is die kampioen in die 60kg afdeling vir junior dogters.

Dis ook Geannè se vierdie jaar wat sy aan die Suid-Afrikaanse kampioene gaan deelneem waar sy haar titel vir die vierde keer gaan vededig.

Geannè het haar eerste titel in Johannesburg in 2015 met haar uitstekende verdediging en bokstegnieke verower.

Chantel is die kampioen in die 54kg afdeling vir jeug dogters.

Dis haar tweede keer wat sy aan die kampioenskappe gaan deelneem waar sy haar titel weer gaan verdedig.

Chantel het haar eerste titel in Dundee in 2017 met uitstekende bokstegnieke gewen.

Minnet, Geannè en Chantel gaan gedurende die Oktober skoolvakansie Gauteng by die Suid-Afrikaanse junior- en jeugkampioenskappe in Limpopo verteenwoordig en ons wens hulle alle voorspoed en sterkte toe vir die kampioenskappe.

Afrigter Freddie Dicks was baie beïndruk met sy boksers se vertoning in die kryt en is vol vertroue dat al drie Bert Collins-boksers die titels gaan terugbring.

Follow us on our social media platforms:

Twitter
Instagram
Facebook

Related Articles

Back to top button