Local sportSport

Fernando kry goud by Afrika Kampioenskappe

Fernando Booysen (15), ’n Hoërskool Hugenote leerder het onlangs na Springs na ’n ruk in die buiteland teruggekeer.

Hy het op 8 Februarie deelgeneem aan die Afrika Kampioenskappe, waar hy goud in sy gewigsklas 48kg verower het.

Lees meer: Fernando’s first African wrestling experience

“Toe ek deurgaan na die finale rondte, het ek teen dieselde persoon van Tunisië gestoei as in verlede jaar se finaal,” vertel Fernando.

Fernando vertel ook dat hy die enigste Suid-Afrikaner is wat gekwalifiseer het om na die Olympiese Spele, wat in Oktober in Argentinië plaasvind, te gaan.

Oor sy toekomsplanne vertel hy dat hy hoop om vir ’n studiebeurs raakgesien te word.

Lees meer: Fernando stoei goud los

Hy vertel dat die akademie nou met hom opvang, veral omdat hy Graad 10 is en nie regtig weet wat aangaan nie, omdat hy baie klasse mis wanneer hy oorsee is.

Follow us on our social media platforms:

Twitter
Instagram
Facebook

Related Articles

Back to top button