Local sportSport

KYK: Chris wys sy staal by kampioenskappe en wen goue medalje

Nege-jarige staan sy man teen drie stoeiers.

Chris Jansen (9) het ‘n goue medalje in die o-9 Vrystylkategorie by die Suid-Afkaanse (SA) Jeug Stoeikampioenskappe wat onlangs in Turffontein, Johannesburg plaasgevind het, ontvang.

Daar was ses junior stoeiers wat in die 27 tot 30kg gewigklas Vrystel gestoei het.

Chris se pa, Christo Jansen, verduidelik dat almal teen mekaar stoei.

“Maar sodra jy verloor val jy uit en die wenners dring deur tot die finaal,” sê hy.

Hierdie Laerskool Jan van Riebeeck leerling se eerste geveg was teen ‘n stoeier van KwaZulu-Natal en hier het Chris met 10-2 punte met ‘n val gewen.

Sy tweede geveg was teen ‘n stoeier van Noord-Wes provinsie en hy het 12- 6 met ‘n val gewen wat hom na die finaal laat deurdring het.

Christo sê sy seun was baie op sy senuwees, maar het teen die stoeier van die Westelike provinsie met ‘n val en 6-4 punte gewen.

Sy afrigter, Rassie Erasmus, het hom glo die beste advies en leiding gegee wat hom ‘n goue medalje in die sak gebring het.

“Hy was so bly hy het reguit na sy afrigter gehardloop, in sy arms gespring en van blydskap gehuil,” sê Christo.

Chris het ook sy SA kleure, sowel as sy Oos-Gauteng kleure by die Streek Twee Stoeiliga wat onlangs in Secunda plaasgevind het, ontvang.

Hy het daar ook met ‘n goue medalje in die o-11, 22 kg vrystyl kategorie gespog.

Johan Breedt (12) en sy broer Jan Hendrik Breedt (9) het elk ‘n brons medalje in hulle kategorie verower.

Related Articles

Back to top button