Local newsNews

Sustersvereniging skenking hartlik ontvang

Epilepsie inwoners se openhartige ontvangs laat die besoekers nederig voel.

Die Sundra Hervormde Kerk sustersvereniging het Woensdag hul harte oopgemaak deur naasteliefde aan die inwoners van SA Epilepsy Daggafontein te betoon.

Tydens hul besoek het hierdie vier dames vir elke inwoner onderklere sowel as kolwyntjies geneem.

Jackie Jooste, een van die susters van die kerk se swaer, Dampie Jooste, is ‘n epilepsie-inwoner by Daggafontein.

As gevolg van die feit dat sy hom gereeld besoek, het sy goed gedink om haar mede-susters van die sentrum te vertel.

Dit is waar almal ingegryp het en die dames besluit het om hul hande uit te strek en ‘n verskil te maak.

Hulle het dit noodsaaklik gevind om uit te vind wat die inwoners se behoeftes werklik is.

“Nadat ek die sentrumbestuurder, Audrey Mkatuku gekontak het, is ons ingelig dat die inwoners onderklere benodig,” sĂȘ Jackie.

Hulle was aangenaam verras nadat hulle die oorhandiging geopen het met skriflesing en gebed en dat die inwoners hulle bedank het deur ‘n Christelike lied te sing.

Audrey sĂȘ elke inwoner het onderklere volgens hul grootte ontvang.

“Dit was werklik ‘n groot verrassing vir ons inwoners wat gewoonlik nie van nuwe onderklere voorsien word nie.

“Elke donasie word hoog op prys gestel en dit is altyd vir my wonderlik om die dankbaarheid op die inwoners se gesigte te sien,” sĂȘ Audrey.

Sommige van die inwoners het die dames persoonlik bedank en selfs ‘n handdruk of drukkie uitgedeel.

“Hierdie gebaar word hoog op prys gestel,” sĂȘ Audrey.

Related Articles

Back to top button