EntertainmentLifestyle

Boek resensie: Die Selfsugtige Shongolôlo

Kinders sal hierdie boek geniet omdat dit kleurvolle sketse en lewenslesse bevat.

Skrywer: Vanessa Tedder

Resensie deur: Anna Robertson

Resensie beskikbaar gemaak deur: Penguin Random House South Africa

Eerstens, identifiseer die skrywer ‘n songôlolo, of te wel, duisendpoot, wat baie insiggewend is.

Maar regdeur die 30 bladsy boek, is daar pragtige illustrasies gebruik sowel as verdere lewenslesse.

Hierdie ronde wurmpie met sy magdom beentjies, bly alleen in ‘n moerbeiboom, wat hy vir homself toe eien.

Hy dink hy is katjie van die baan en dat hy doodgelukkig is, maar die teendeel word vinnig bewys.

Songolôlo het geen maatjies om mee te speel nie en sodra iemand nader kom om moerbeie met hom the deel, verjaag hy hulle.

Omdat hy geen van die moerbeie wil deel nie, is die tweede lewensles duidelik sigbaar – selfsugtigheid.

Maar die ander les is ook dat toe hy in die moelikheid kom, was daar niemand wat hom kon help nie.

Of, so het hy gedink.

So dink ons ook baie keer ons staan alleen in die lewe en tree ons selfsugtig op, maar daar is altyd mense gereed om bystand te verleen, indien ons hulle nodig het.

Hierdie is beslis ‘n oulike geillustreerde boek, wat groot gedruk is, wat verskeie lewenslesse vir kinders bied.

So, as jy ooit op ’n moerbeiboom afkom, kyk tog mooi of jy ‘n songolôlo sien en knip vir hom oog!

Related Articles

Back to top button