Local sportSport

Jeugrugby is ’n pluimpie vir Springs

Die Valke jeugrugby span, met 12 Springs spelers, het Saterdag met 31-17 vasgeval teen die Bulle in die finaal van die Inter Provinsiale Toernooi (IPT).

Die finaal is op Barnard Stadion in Kempton Park gespeel.

Solomon Swarts, Hanru Lessmann en Ruan de Jongh het elk ’n drie gedruk waarvan Bjorn Squire slegs een drie kon verdoel.

Die spanbestuurder van die Springs Jeug Rugbyklub, Karin Prinsloo, vertel dat die klubspelers baie bevoorreg was om geen ernstige beserings tydens die toernooi op te doen nie.

“Die seuns kan nou met trots fokus op die laaste deel van hul laerskoolloopbane,” sê Karin.

Lees: o-12 rugbyspan is tops

Die provinsies wat meegeding het was die Bulle van die noorde van Pretoria, Valke van die Oos-Rand, KZN Duikers (Haaie) van KwaZulu-Natal en Rooibokke (Leeus) van Johannesburg.

William de Jongh van die Springs Jeug Rugbyklub en Kempton Park Rugbyklub se Patrick van Loenen was die span se breiers terwyl Dylan van Loenen, ook van Kempton Park, die hulpafrigter rol vervul het.

Lees: Valke o-18s wen silwer

IPT is ’n jaarlikse toernooi vir jeug rugbyspelers van o-13 tot o-18.

Die Valke-spanne word saamgestel uit agt jeug rugbyklubs in die Valke oftewel Oos-Gauteng streek.

Karin verduidelik dat keurders by elke wedstryd tydens die seisoen was.

“Al die seuns word ook uitgenooi na proewe en daaruit word ’n moontlike toergroep saamgestel en dan eindelik 22 seuns per span gekies vir die toer self,” sê sy.

Related Articles

Back to top button