BlogsOpinion

’n Les te leer in elke eerste oomblik

Met alles wat ons aanpak in die lewe, hetsy dit skool, universiteit, ’n verhouding of ’n werk is, moet ons ’n eerste tree gee.

Daardie eerste tree is ’n belangrike tree vir die toekoms.

Wanneer ons gebore word is dit daardie eerste geluid, daardie eerste suig van melk wat gevolg word deur die eerste geluid, die gekruip, die eerste woord en die eerste tree.

So word hierdie eerste dinge herhaal totdat dit skooltyd is en die res wat daarop volg.

Kan jy nog onthou hoe jou eerste dag van graad een, graad agt, dalk universiteit of selfs jou eerste dag by ’n nuwe werk was?

Die opgewondenheid van alles wat voorlê, die nuwe mense wat jy op die punt is om te ontmoet, en die nuwe uitdagings wat voorlê.

Onthou jy nog die eerste ontmoeting met jou bestuurder of die persoon aan wie jy gerapporteer het?

Dalk was dit blywend, miskien eerder ’n oomblik wat jy liewer wil vergeet.

Miskien het daardie eerste gesprek so geweldige indruk op jou gemaak dat jy dit vandag nog onthou en het dit so groot invloed op jou gehad dat dit jou lewe aangrypend verander het.

Jou eerste vriend, vriendin of selfs kêrel, was dalk die eerste tree na ’n nuwe lewensles of egte vriendskap.

Vir die wat getroud is, onthou jy nog die eerste tree van jul ontmoeting, was dit romanties, was dit liefde met die eerste oogopslag of was dit ’n mooi vriendskap wat gegroei het tot ’n huwelik?

So was dit die eerste tree van die huweliksbootjie, van die kinders wat gevolg het, van ’n eerste woning, meubels koop en selfs ’n gesinsmotor.

En so word die kringloop van eerste oomblikke verskeie kere herhaal.

Saam met al hierdie eerste treë of gebeure kom daar verskeie herinneringe na vore wat ek seker is elkeen van ons met vrymoedigheid met ander kan deel.

Sou dit nie interessant gewees het as elkeen van ons ’n boek kon skryf van elke eerste geleentheid wat ons beleef het nie?

Vir die wat nie graag hul oomblikke met ander wil deel nie, maar wat ongelooflike lewenslesse uit hulle eerste oomblikke geleer het wat ’n blywende indruk op hul toekoms gemaak het.

Daardie eerste tree na ’n toekoms vol van vreugde, hartseer, verdriet, vele trane en verdriet, maar ook van oorgenoeg liefde en aangename tye.

So beleef ons elkeen ook ’n eerste tree in iemand anders se lewens, hetsy by die werk, tussen vriende of by ons kinders se vriende.

Elke eerste tree onderskei tussen goed en kwaad, tussen vreugde en hartseer en dit laat ’n blywende indruk op ons lewens.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button