LettersOpinion

Terblanche gesin spreek hul dank uit

Die Terblanche gesin van Petersfield skryf:

Ons wil eerstens aan ons Hemelse Vader baie dankie sê dat Hy vir ons ‘n wonderlike man, dr Johan Terblanche, gegee het.

Hy was ook ‘n wonderlike pa en oupa gewees.

Dankie ook vir ons vriende, pasiënte en die Springs gemeenskap se gebede, belangstelling, liefde en talle ander maniere waarop hulle ons ondersteun het gedurende hierdie hartseer tydperk na sy afstrewe.

Ons wil ook aan almal wat bygedra het tot ons familie Bybelfonds, wat ‘n saak is wat vir ons as familie na aan die hart lê, bedank.

Ons het gevra dat daar nie blomme gestuur word nie, maar eerder bydraes gemaak word tot die fonds.

Diegene wat nog bydraes wil lewer kan gerus die spreekkamer in Petersfield kontak.

Dankie ook aan die Springs Advertiser vir wat hulle vir ons gedoen het.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button